WARE LEWENSDRAMA Dis iets waarvoor daar nie woorde kan wees nie: om tussen jou kinders te moet kies. Kies jy die een, moet die ander drie alleen agterbly in 'n tentedorp in 'n oorlogsone. Kies jy haar nié, kan sy gestremd gelaat word of doodgaan. Hoe maak 'n ouer daardie keuse? Hóé moet hul hart dit oorleef?
“Daar is geen woorde om te beskryf wat ek nou voel nie,” sê Baher Ayyash. Hy en sy vrou, Rasha, moes daardie keuse maak.
En toe hulle kies om hul negejarige, erg beseerde dogter Mira te red, moes hulle ook “die ergste ding doen wat ek al ooit in my lewe gedoen het”, sê Baher. Hulle moes hulle ander drie kinders in Gasa agterlaat.
Dieselfde Gasa waar meer as 40 000 mense –…