REEKS
SIRENS
Hierdie spanningsreeks is veels te kort. Dit begin toe die ouer suster, Devon (Meghann Fahy), duidelik besig om ’n krisis te probeer oorleef, ’n luukse mandjie vrugte afgelewer kry van haar jonger sussie, Simone (Milly Alcock). Sy vererg haar so vir die vrugtestokkies terwyl sy alleen ook nog na hulle sieklike pa moet omsien, dat sy die pad vat na Simone toe.
Simone se lewe lyk heel anders. Sy werk op ’n luukse landgoed as persoonlike assistent vir Michaela (Julianne Moore). Devon is verstom om haar sus heeltemal onder Michaela se kultusagtige invloed te vind. Gooi Michaela se aantreklike man, Peter (Kevin Bacon), ook nog in die mengsel, en jy het ’n prutpot van probleme. Daar is liefde, geheime en lawwighede, en die kyker besef gou alles is…