Het jy onlangs ’n dikke borrel bygewoon?
Heel moontlik, want in Nederlands verwys ’n dikke borrel na ’n lekker partytjie.
Ja, Afrikaans stam af van tale soos Maleis, Khoi, Portugees, Frans, Engels, Duits, maar natuurlik die heel meeste van Nederlands.
En al is daar vele ooreenkomste tussen hierdie twee tale, is daar ook heelwat verskille.
Wees dus versigtig om nie sommer vir enige Nederlander te sê “Ik hou van jou” nie, want dit beteken “Ek is lief vir jou”.
En as ’n Nederlander sê iets gebeur “vaak”, het dit niks met min slaap te doen nie, dit beteken net iets gebeur gereeld.
In Nederlands is ’n “aardige man” ook g’n vreemd nie – hy’s aangenaam. Net so is ’n “schone vrouw” nie een wat vanoggend gestort het nie, maar ’n…