Rick Sharland, Luke se pa en eienaar van ’n boukontrakteursaak, sê dis belangrik om die oppervlakte van die ruimte wat jy wil verf, te bereken – moenie net raai nie, want dit kan jou hele begroting beduiwel…
“Werk van bo na onder. As die oppervlak van die plafon 20m2 en dié van die mure 100 m2 is, werk uit hoeveel verf jy gaan nodig hê om alles te bedek. Dit moet ’n onderlaag en minstens twee bolae insluit, afhangend van hoe na die nuwe kleur aan die oorspronklike een is. As jy wit verf oor ’n donkerder kleur aanwend, kan tot drie lae nodig wees. ’n Mens gebruik minstens 1 liter verf vir 5 m2.”
Rick beveel ook aan dat huiseienaars verskeie produkvervaardigers raadpleeg voor hulle ’n begroting begin uitwerk.…
