Peet Visser, Wellington, skryf:
Ek vou Rapport oop.
Ek lees weer eens, soos reeds dag ná dag, week ná week, kritiek met die ANC as teiken. Die kernfeite verander nooit nie, net die datums. Ek voel dis ’n geval van “geen ANC geen nuus”. Ek lees dat die ekonomie ondergaan, dat die ANC straffeloos steel, dat korrupsie toeneem en dat die son môreoggend weer sal skyn.
Ek lees van AfriForum, ’n totaal nuttelose entiteit in die politieke arena, wat opgehemel word as die nuwe redders van die wit mense.
Ek lees van die DA se koersaanpassing en ek, ’n stigterslid van die DP in Ceres in 1989, voel die DA is ná 30 jaar weer terug op sy oorspronklike spoor.
Ons moet meer vloeibaar wees, meer tegemoetkomend, minder krities, en…