’n Pragtige 1958 MG-model A 1500-kabriolet met sagte dak kom op skrikkeldag, 29 Februarie, onder die hamer wanneer die tweedagveiling van Old Johannesburg Warehouse-afslaers by die pakhuis in Selby afskop.
Klassieke motors, ou vulstasie-items en emalje-tekens is te kry op die eerste dag van die veiling wat Saterdag om 09:00 begin. Handelsname soos Lotus, Porsche, Harley Davidson en Triumph kan opgeraap word.
Ander items op dié dag sluit in klassieke speelgoed, modelmotors en -treine (Marklin, Corgi, Dinky) en Star Wars-aandenkings – onder meer ’n Yoda-beeld van sowat 1 m. Skattejag-Sondag begin die volgende dag om 09:00, met 300 lotte juweliersware en horlosies wat om 13:00 afskop.
■ ’n Private versamelaar in Secunda verkoop op 14 Maart sy reeks klassieke en sportmotors (onder meer Corvette, Mustang, MG, Ford en Porsche), asook 40…