Meer as 65 getuies sal betrek word. Sanjeev Chawla, ’n vermeende beroepswedder wat in 2000 betrokke was by die Hansie Cronjéwedstrydknoeiskandaal, is Donderdag deur Brittanje aan die Indiese polisie uitgelewer.
Chawla se uitlewering was op versoek van die Delhi-polisie, wat ’n klagstaat in 2013 opgestel wat vyf ander beskuldiges, insluitend Cronjé, insluit.
In ’n mediaverklaring wat deur dr. G.Ram Gopal Naik, adjunkkommissaris van die Indiese polisie uitgereik is, word gesê dat Chawla vir 12 dae in aanhouding sal bly. Afhangende van die ondersoek, kan hy nog langer aangehou word voordat die hofsaak begin.
Afgesien van Chawla en die ontslape Cronjé, word Rajesh Kalra, Krishan Kumar, Sunil Dara, wat al drie in Indië bly, en Manmohan Khattar, wat glo oorsee woon, ook betrek. Die klagstaat beslaan meer as 2 500 bladsye…