Op die drumpeltjie van die Nuwejaar kyk ek na my Ier, my twee hondekinders, ma Babs, my broers en hul kinders, my vriende, die see, jul pragtige briewe wat ek weekliks ontvang, my gesondheid, my werk wat my tone laat krul van die lekkerte en besef ek dit maak nie saak hoe annus horribilis jou jaar was nie, daar is altyd stof tot dankbaarheid.
Ja, dit was ’n rowwe jaar vir baie en vir ons land, maar ek is opgewonde om 2020 met ywer te omhels. Maar voor ons dit doen, moet ons beplan om 2019 met fanfare en ’n heerlike Oujaarsaandpartytjie te groet. Ná Kersfees beloof ek my handjies die saligheid en ek het by Nina Timm, bekroonde blogger (My Easy Cooking) en kookboekskrywer, gaan aanklop vir idees.
Nina…
