Tuinmaak hou jou jonk en laat jou langer lewe, glo Constance Stuurman (53), tuin- en blomkunstenaar by die spogplaas Babylonstoren in Franschhoek. Haar groen vingers het sy by haar ouma en oumagrootjie geërf, wat elk langer as 'n eeu geleef het!
En dié joppie voel allermins soos werk, sê sy self, want so passievol oor tuinmaak soos sy is, is elke dag daar vir dié gebore natuurkind 'n, uhm, walk in the park.
Toe sy op 17 met skool klaarmaak, het Constance 'n gap-jaar gevat. “Die geleentheid was daar om te gaan swot, en eintlik moes ek 'n ingenieur geword het,” vertel sy.
“Al het ek verskeie kantoorwerke gedoen, was tuinmaak maar in my bloed. Ons test drive mos als om te kyk waar ons inpas. Sou ek dieselfde liefde…
