Die twee sterre van die splinternuwe komediereeks Huis Lelieveld, Hélène Truter en Lizz Meiring, het baie gemeen. Albei vroue is soos natuurkragte: dinamies, talentvol, veelsydig en altyd besig, besig, besig …
HÉLÈNE TRUTER
Met ’n bos krulhare tot op haar skouers is Hélène Truter onopgesmuk mooi nog voor sy tydens dié voorbladfotosessie op die grimeerkunstenaar se stoel gaan sit het, al meen sy self sy was nooit ’n “pretty poppie” volgens die standaarde van die vermaaklikheidsbedryf nie.
Haar geblomde rok en bedrukte leerhandsak met die gesig van ’n koningin (“die ontwerper het dit spesiaal vir dié queen gemaak”) is van haar eie winkel, Amulet Lifestyle, op Hermanus.
Sy en haar man, Percy Pretorius, wat onder meer teksredakteur by Binnelanders was, het die winkel tien jaar gelede gekoop en impulsief van…