Die algemeenste simptome van Covid-19 is hoes, kortasem, koors, hoofpyn, spierpyne, gewrigspyne, ’n seer keel en moegheid, aldus die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios).
Dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, sê mense moet ’n dokter spreek as die simptome ernstig raak.
“Ons praat van kortasem, so dat jy sukkel om te praat, en moegheid, tot so ’n mate dat jy sukkel om van jou kamerdeur tot by jou bed te loop,” sê sy. “Die hoes is nie ’n ligte kuggie nie, maar klink soos kinkhoes.”
Die Amerikaanse Centers for Disease Control (CDC) waarsku ook dat verwarring en die onvermoë om wakker te bly ernstige simptome is waarvoor mense dadelik die nooddienste moet kontak. Dit geld ook as die pasiënt blouerig in die gesig of om die…