Meer as 90% van die land se sowat 6 miljoen rokers rook steeds, ondanks die verbod op sigarethandel tydens die inperking, toon ’n peiling deur die navorsingseenheid vir die ekonomie van aksynsbare produkte aan die Universiteit van Kaapstad (UK).
Terselfdertyd het gevestigde sigaretvervaardigers se markaandeel skerp gedaal. British American Tobacco (BAT), wat dekades lank die markleier was, is van die troon gestoot deur Gold Leaf, wat sy sigarette in Suid-Afrika en Zimbabwe maak.
Volgens die UK se peiling onder 16 000 rokers het am-per 90% van hulle sigarette opgepot voordat die inperking begin het. Maar toe hul rookgoed opraak, het hulle bloot by straathandelaars of vriende en familie met “kontakte” nog gekoop.
Die peiling wys BAT, wat die grootste handelsname soos Dunhill en Peter Stuyvesant in sy stal het, se…