Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, het gister geraam meer as 1,5 miljoen mense sal van 1 Mei kan terugkeer werk toe wanneer vlak 5-inperking deur die minder streng vlak 4 vervang word.
In die vervaardigingsektor is daar geringe verligting aangesien net 20% van die totale arbeidsmag Vrydag weer mag begin werk. In sommige sektore, soos die motorbedryf, is dit 50% en in ander tot 100%.
Suid-Afrika het verlede jaar motors en onderdele van R18,6 miljard uitgevoer. Volgens die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers het die verkope van nuwe voertuie in Suid-Afrika verlede maand met 29,7% afgeneem tot net 33 545 eenhede teenoor dieselfde tydperk verlede jaar.
Vervaardigers van die volgende produkte sal weer ten volle kan werk:
■ papier en papierprodukte;
Aandreël geld, en géén kuiers. ■ verpakking,…