’N GESONDE HAPPIE
Ja, vir sappige waatlemoen! Maar moenie die pitte uitspoeg nie. Bêre, sprinkel olyfolie en seesout oor en rooster.
JA VIR SOJAMELK?
✔ Dis ’n goeie bron van proteïen, vitamien A, B12 en kalium, bevat nie cholesterol en laktose nie, en die smaak en tekstuur maak dit ideaal vir smoothies en graankos. Dit kan koeimelk in baie resepte vervang.
✗ Suur klankie: Dis nie ’n natuurlike bron van kalsium nie, maar kan verryk wees daarmee. Te veel kalsium kan ’n probleem wees, onder meer as jy skildklierprobleme het. ’n Hoër inname van sojagebaseerde kosse is in ’n Harvard-studie gekoppel aan vrugbaarheidsprobleme en laer spermtellings. Soja is ook ’n algemene allergeen. Sommige gegeurde soorte bevat baie kilojoules, suiker en bymiddels. Koop dus die organiese, onversoete weergawe.
Bron: Mariza van…