WEET JY VAN ’N OULIKE NUWE WINKELTJIE OF MOOI DEKOR- OF HANDWERKREEKS WAARVAN ONS OOK BEHOORT TE WEET? SKRYF VIR DALA EN ONS SAL DIT OORWEEG VIR DIÉ BLAD.
NUUT VIR HERFS
Naartjie se nuwe herfsreeks is op die rakke. Met temas soos Tribal Travel vir seuns en Electric Tribe vir meisies sal jou kind vir seker voor in die modekoor wees. • Besoek een van hul takke landwyd of koop aanlyn by naartjie.co.za.
HEUNINGKOEKRAKKE
Hierdie seskantige rakke van Leg Studios kan jy stapel soos jy wil om jou eie patroon te skep. As jy ekstra pakplek soek, kan jy nog rakke koop soos jou begroting dit toelaat. • Bel hulle by 021 447 0820, besoek die winkel in die Salt Circle Arcade, Albertweg 374, Soutrivier, Kaapstad, of hul webblad,…
