Ons het al op hierdie blaaie én in ons voorgangertitels volledig berig oor Die Van Stadens se kampwedervaringe in hulle 1981-model Sprite Sport.
Verlede jaar was geen uitsondering nie. Dié slag het hulle ’n sirkelroete van die Kaap af oor die Kgalagadi na Punda Maria en weer terug deur die Drakensberg en Addo gereis. Soos voorheen ook soms die geval was, het Elmare (of Bossie, soos sy ook bekend staan) se suster, Annette Muller, en haar man, David (oftewel Orrie), weer saamgereis. Johan vertel.
Op Sondag 21 Mei haak ons die Sprite met ons Isuzu KB300 en ry tot op Worcester, waar ons dié bakkie gaan los, want Orrie en Annette se Hilux gaan die wa op ons reis sleep. Ons kry al ons dinge agtermekaar, want môre val ons…