As TV-akteur ken ons hom vir rolle in Die meisie van Suidwes, Die Mannheim-sage, Agter elke man, Ballade vir ’n enkeling, Arsenaal, Onder draai die duiwel rond, Plek van die vleisvreters, 7de Laan, Dryfsand, Andries Plak, Binnelanders, Vlug na Egipte en Riemvasmaak.
Maar dis nie net op die kassie waar hy sy slag gewys het nie, hy was ook in verskeie toneelstukke soos Die Van Aardes van Grootoor, Die staatsgetuie, Plaston DNSkind, Die goue kring, Die potlooddief en die engel, The Time of the Hyena, Hamlet, Minnaar onder die wapen en Die laaste strooi.
Van die rolprente waarin Richard verskyn het, sluit in Treurgrond, Trouvoete, Karate Kallie, Stoute boudjies en Liewe hemel, Genis!.
Richard vertel in sy jongste musiekvertoning, Tweespoor, waar hy saam met Steffie le Roux, Mariëtte Galjaard en…
