Wanneer hy nie skryf nie hou hy mense dop, luister gesprekke af, lees, verwonder hom aan die natuur – die see, berge, voëls, wolke, ’n seekat se verstommende vermoë om van vorm en kleur te verander.
“Soms skilder ek. Ek steek kerse op, luister musiek, drink ’n glas rooiwyn. My steekbaardbrak, Kandas, vermaak my, verwen my met haar liefde. Ek en my Jenny slag soms ’n waarlemoen in die Moordenaarskaroo. ’n Keer of wat het ons die voorreg gehad om oorsee te reis en plekke te sien waaroor ek as kind nie gewaag het om te droom nie.
“Daar is ook ’n praktiese Jan wat messelwerk en houtwerk kan doen, ’n afdak kan bou en ’n koei kan melk. Hy kan kook – puttanesca en waterblommetjiebredie en borscht en afval.…