LIGTE, KAMERA, #DisJouOomblik
Is jy ons 15de wenner?
Hoe sal jy op ons voorblad lyk – al ooit gewonder? Wel, hier’s jou oomblik!
Dis die 15de jaar van SARIE Voorbladgesig, ’n unieke wedstryd wat lesers die kans bied om ’n glansvoorblad te wen. Jy moet net inskryf.
Sedert 2011 het al byna 80 000 vroue ingeskryf. Van elke provinsie, stad en plattelandse dorp. Finaliste en wenners oor die jare sluit in grimeerkunstenaars, studente, binneversierders, entrepreneurs, skoonheidsterapeute, onderwyseresse, tuisteskeppers, boervroue, aktrises, sangeresse, mediese dokters, dansers, ma’s en oumas. Noem maar op!
Vroue wat ’n kans gevat het, soms om te wys #ekisgenoeg, soms om hulself uit te daag, ander kere vir die avontuur. Vroue wat deel geword het van die Top-35, die Top-7, en toe die wen-voorblad hul eie gemaak het.…