KERSVOORNEMENS
Ná honderde jare is daar nog steeds wesens wat glo dat Nuwejaarsvoornemens iets goeds, prakties of werklik is, dat dít wat op 1 Januarie besluit word, op 1 Februarie nog onthou gaan word. Nonsens. Nuwejaarsvoornemens sneuwel vinniger as roomys in ’n warm kar.
’n Perfekte tyd vir voornemens is wel Kersfees, die tyd waar ons ten spyte van moegheid, te veel familie, te veel gewig, te veel laastetakies en te veel emosionele verpligtinge steeds afwagting beleef. Al is jy hóé bestand teen blink papier, liggies en geld bestee, al is jy geestelik hóé gevorderd of afgesonder (my ouma het altyd van so iemand gesê: los haar, sy sweef al weer), moet jy iewers in jou binneste ’n kersie voel brand of ’n teelepel vol opwinding voel roer, anders is…
