As ’n mens ’n gesoute wêreldreisiger is, verstaan jy wat jy aan Paternoster het: Die eenvoud en skoonheid van een van die oudste vissersdorpies aan die Weskus is ’n kosbaarheid wat jy moet koester. Dis wat Helen en David Untiedt gedoen het toe hulle ’n paar jaar gelede hier ’n vakansiehuis gekry het waar hulle en hul vier kinders tot rus kan kom.
Die reis tot hier het in die rykes se speelplek, Monte Carlo in Monaco, begin toe David, ’n Johannesburger, en Helen, ’n plaasmeisie van Engeland, mekaar ontmoet het en die wêreld platgereis het: van die suide van Frankryk tot die Baleariese Eilande, op ’n jag in die Karibiese See, in ’n sportmotor deur Nieu-Engeland, ’n draai in Venezuela. Maar uiteindelik was dit Kaapstad waar hulle hul twintig…
