Soek altyd eerste toenadering. As jy wag vir die ander een, gebeur daar dalk niks nie.
Verander jouself. Ons dink altyd die ánder een moet verander, maar jy kan nie hul reaksies verander nie, net hoe jy daarop reageer.
Jou verwagtinge moet realisties wees. Dikwels glo jy die ander een weet hoe jy voel en sê dus niks, maar niemand kan gedagtes lees nie.
Luister, luister, luister. As die ma of die dogter vir mekaar sê hulle hoor, verstaan en reflekteer, lei dit tot harmonie. Luister ook na wat tussen die lyne gesê word.
As skade gedoen is, maak dit dadelik reg. Konflik is nodig, maar praat dinge uit.
Wat sou jý in haar skoene doen? Elkeen het sy eie verlede, emosionele “wonde”, verwagtinge, drome. As jy empatie daarvoor het,…