VETTERIGE KNOBBELS
Dié geel knoppies, xantome, kan op die elmboë, knieë, boude of ooglede verskyn. Die knoppe self is onskadelik, maar kan ’n aanduiding van groter probleme wees. Dit word meestal by mense gesien met familiële hipercholesterolemie, buitengewone hoë vlakke van sogenaamde “slegte” cholesterol. So hoog is die cholesterolvlakke, dit vorm ’n neerslag op die vel. Ongelukkig bou dit ook in die slagare op.
TROMMELSTOKVINGERS
Jou vingernaels verander van vorm, verdik en word wyer. Genoeg suurstofryke bloed bereik nie die vingers nie en in die proses om die probleem te probeer regstel, word meer weefsel vervaardig. Ook bekend as Hippokratiese vingers, die Griekse geneesheer wat dit eerste beskryf het. Dis die oudste bekende mediese simptoom, pynloos en gebeur op albei hande.
‘GEKREUKELDE’ OORLEL
Oftewel ’n duidelike, diagonale voutjie in die…