Watter effek gaan Covid-19 op tendense hê? In ’n potgooi van die aanlyn tendensbiblioteek WGSN, word drie neigings uitgestippel, sê Jackie.
1. MINDFUL PALES: Ons is meer by die huis, ’n sagter, knusser omgewing. Jy gaan nie nou ronddans in uitbundige skeppings nie, maar gemaklike klere met “kalm” kleure dra. Style gaan dus losser wees, kleure sagte pastelle.
2. KOESTERENDE (NOURISHING), AARDSE SKAKERINGS: Jy sit tuis in jou mindful pastel klere, hunker daarna om buite, deel van die seisoensverandering te wees. Buite is alles wat jou inspireer, maar jy kan nie fisiek daar wees nie. Dit inspireer aardse kleure, soos bruine, mosgroen. En gemaklike klere wat jy buite sal dra.
3. HELDER, HEDONISTIES: Terwyl jy deur mindful pastelle omring sit en na die natuur verlang, is die tegnologie ’n fokuspunt.…