Volgens die Kinderwet van 2005 is daar geen beperkings op aanneming deur gay mense nie, hetsy in ’n verhouding of enkellopend, maar private agentskappe mag hul eie kriteria in dié opsig hê, aldus ’n dokument deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN). Verskillende CMR-takke het ook hul eie beleid.
René Pretorius, bestuurder van die CMR-Noord, sê hoewel die tak nie diskrimineer op grond van kultuur, seksuele voorkeur of verhoudingstatus nie, is daar meer as een rolspeler betrokke. “Die hof, departement van maatskaplike ontwikkeling en registrateur van aannemings moet aannemings goedkeur. Hulle probeer babas plaas binne dieselfde kultuur, godsdiens, ekonomiese agtergrond, taal en meer, en sulke plasings kry voorkeur.”
Dina Bosch, bestuurder van die CMR-tak Gauteng-Oos, sê ook dié tak diskrimineer nie, maar die werklikheid is dat kinders steeds makliker by…