LEES MEER OOR
• Broodjies gebak op maalvleis• Bruinuiesop-inspirasie• Hoender met bobotiegeure
Romerige bone en varkwors
Alles in een pan, dis mos waaroor goeie kos gaan. Sit dié een voor met brosgebraaide brood en jy sal die winterkou maklik buite hou!
GENOEG VIR 4
• 30 ml olyfolie• 6 groot varkworsies, in ringe gesny• 1 ui, fyngekap• 400 g-pak spinasie, fyngekap• 4 ansjovisfilette, baie fyn gekap• 2 knoffelhuisies, fyngekap• 3 salieblare, fyngekap• 2 takkies tiemie, fyngekap• 250 ml hoenderaftreksel• 2 x 400 g-blikke cannellini-bone, 1 blik gedreineer• sout en varsgemaalde swartpeper• brood vir voorsit
Verhit ’n middelslagpot oor hoë hitte tot warm en voeg olyfolie en varkworsringe by. Braai vir 3-5 minute of tot worsies goudbruin is. Voeg uie by en braai vir nog 1 minuut. Voeg spinasie, ansjovis, knoffel, salie…
