GESELS MET LEES MEER OOR
• Wie is Jared Melamed?• 3 elemente van fyngebak• Sy resep vir financiers Pâtisserie. Die elegante woord is genoeg om beelde van veerligte choux-poffers, fluweelgladde ganache, blink vrugtetertjies, botterige mille-feuille met deeglagies wat splinter tussen die tande, macarons in dromerige pastelkleure en ander soet fantasieë op te tower.
Kom dit by die skeppers van hierdie eetbare juwele, kan jy jou maklik misgis met die stereotipiese prentjie van suiker-nerds wat spuitsakke met die skraal vingers van ’n pianis hanteer.
Jared Melamed, wat as die land se beste pâtissier aangewys is by die 2024 Luxe Awards, draai hierdie opvatting op sy kop om met sy wipkuif, tatoes en gespierde arms.
Sy formidabele repertoire van entremets en viennoiserie versplinter ook die mite dat jy Franse bloed moet hê…
