Basaarkerrie-en-rys
Ja, basaarkerrie smaak op geen ander plek so lekker soos by ’n basaar nie, maar ons kan probeer!
genoeg vir 8-10
• 30 ml olyfolie• 1 ui, gekap• 2 knoffelhuisies, fyngekap• 45 ml matige kerriepoeier• 30 ml borrie• 1 kg beesmaalvleis• 125 ml bruin asyn • 50 ml bruinsuiker• 60 ml gladde appelkooskonfyt• 410 g-blik tamatiepuree• 30 ml worcestersous• 60 ml perskeblatjang, plus ekstra vir voorsit sout en varsgemaalde swartpeper•150 g (250 ml) sultanas• 6 wortels, geskil en in klein blokkies gesny langkorrelrys vir voorsit
Verhit olyfolie in ’n groot pot oor hoë hitte. Voeg uie, knoffel, kerriepoeier en borrie by. Roerbraai 1 minuut. Voeg maalvleis by en roerbraai 2-3 minute of tot korrelagtige tekstuur. Voeg asyn, suiker, appelkooskonfyt, tamatiepuree, worcestersous en blatjang by. Geur met sout…
