Hier is die onderwerpe van die 13 klasse
KLAS 1 JOU MES
Die beginpunt van lekker kosmaak – die regte mes, reg gebruik, reg opgepas.
KLAS 2 EIERS
Die beginsels en baie maniere om skrophoenders se eiers, sjefs se lieflingbestanddeel, te benut.
KLAS 3 AFTREKSELS EN SOUSE
Bemeester die basis van ’n goeie sous, jou sleutel tot diep, ryk geure.
KLAS 4 SEEKOS EN VIS
Kies volhoubaar by die vistoonbank en berei dit soos ’n gesoute sjef.
KLAS 5 HOENDER
Skrop- of hokhoender? Kies, sny, ontbeen en rooster die trots van die Sondagtafel só.
KLAS 6 LAMSVLEIS
Blad of boud, aan die been of gerol, Karoo of Kalahari, lamsvleis is weelde van die veld.
KLAS 7 SPESERYE EN KERRIE
Leer ken jou “innerlike” spesery, meng self masala en ontdek die…
