VONKEL SONDER DIE SKOP
Met die eerste proeslag van The Duchess sal jy verbaas wees dat dié drankie 100% alkoholvry is. Die jenewer-entonikum-vonkeldrankie het die eiesoortige droë nasmaak wat jenewer-aanhangers verlang, met lieflike smake van botaniese ekstrakte soos lemoenskil, naeltjies, kardemom en steranys. Bedien met somerbessies in ’n lang glas. Sowat R99 per bottel by Yuppiechef.com
BRAAF, BRAWER BREVA !
BREVA is ’n soet moutdrankie, beskikbaar in verfrissende geure soos grenadella, appel, perske en pynappel, wat nes gewone bier gebrou word, maar sonder die gistingproses wat suiker in alkohol omskakel. Dit is die ideale keuse vir almal wat ’n volwasse, niealkoholiese drankie wil geniet! Sowat R18 per bottel by Pick n Pay landwyd
MICHELIN-KLAS ALKOHOLVRYE SPIRITUS
Met sy pragtige verpakking en luukse voorkoms is Seedlip, ’n niealkoholiese spiritus, ’n welkome…
