“Hallo oom, dis Herman.”
“Herman van SARIE?”
“Oom, ek wil ’n storie skryf oor oom se koeksisters. Maar daar’s ’n vangplek, ons wil die resep publiseer.” ’n Oomblik stilte.
“Ag, ek hou so baie van SARIE, ek sal julle my resep gee.
Dis in elk geval my hande wat dit so lekker maak.”
“Die koeksisters vlieg daarbinne soos pierings verby,” laat onse Herman hoor wat (soos gewoonlik) lyk of hy kan opstyg van energie. Dis vyfuur in die oggend, die straat in Goodwood donker. Met ’n kolletjie aktiwiteit, die enigste teken van lewe en lig om ons, aan die agterkant van die huis waar ons staan. Daar, in wat eens ’n motorhuis was, word drieuur soggens weggespring en sowat duisend koeksisters gebak. Bros, stroperig, lekker!
Vra enigeen in die straat…
