Stel jou voor: Kos so kragtig, dit kan jou help om gewig te verloor, jou bene sterker maak, die risiko vir kanker verlaag – jou dalk selfs langer laat leef.
Spinasie, broccoli, blomkool, kool en hul maters lyk beskeie, maar smaak lekker, is maklik verkrygbaar en relatief goedkoop. Dit bevat ook baie vesel en water wat kan help om jou suikervlakke heeldag stabiel te hou. Daar is talle moontlikhede om uit te kies en dit kan maklik deel van ’n maaltyd vorm.
Hoewel groen groente (eintlik alle groente en vrugte) vesel, vitamiene en minerale bevat, lê die gesonde toorkrag in die fito-nutriënte wat oorvloedig daarin voorkom. Dis stowwe in plante wat dit help beskerm teen siektes, insekte, beserings, ens. Dis basies die plant se immuunstelsel. En dit versterk ook joune.…