ETIKET SE ADELLIKE OORSPRONG
Dit het alles by die Sonkoning begin, by die bou van sy fabelagtige paleis, Versailles, vertel Nataniël. “Hy wou gesag afdwing – en ook sommer almal van sy grasperk afhou! Reëls is in boekies gebind en boonop op bordjies in die tuin aangebring. Net ná die revolusie het die middelklas die reëls begin volg, om hul eie belangrikheid te beklemtoon. Etiket, die ou, streng vorm, het ’n hoogtepunt bereik in die vyftigerjare, toe hare, rokke en slaaie alles kliphard gestol is. In die sestigerjare het dit totaal verval en eers weer ’n aanhang gevind in die era toe Kommunisme, diktatorskap en onderdrukking in baie lande tot ’n einde gekom het. Deesdae praat ons van ‘sosiale riglyne’ en nie ‘reëls’ nie. Etiket het meer as ooit ’n…