Vrugte
Appelliefies
#appelliefies kan net so geëet word, maar is ook ideaal in ’n tertvulsel en heerlik in slaai.
Tamaties
Hou vars tamaties buite die yskas. Dit smaak lekkerder en word gouer ryp. As dit te ryp begin raak, kan jy tamaties in die yskas bêre.
KYK OOK UIT VIR Appels, avokado’s, piesangs, koejawels, grenadellas, pomelo’s, koemkwats, lemmetjies, lukwarte, nartjies, lemoene, papajas, pynappels
Groente
Wortels
Dis een groentesoort wat rou of gaar ewe lekker smaak. Volgens kenners is wortels baie gesond.
Kool
Kerf die koolkop fyn wanneer jy bredie maak. Plaas in groot bak met kookwater en laat staan sowat 30 minute. Dit verminder die skerp geure en bitterheid van die kool.
KYK OOK UIT VIR Aspersies, artisjokke, beet, boerboontjies, broccoli, spruitkool, blomkool, seldery, knolseldery, grasuie, komkommer, andyvie, knoffel, peperwortel,…
