Ek is weer uit op parool. Oukei, ek was nou nie letterlik in die tronk nie, maar my kleinseun van twee was vyf dae en nagte onder my dak. In die tydperk is Ouma en kleinseun saam as ’n coupletjie na ’n sosiale braai. Terugskouend herinner die belewenis my baie aan tronkstraf. “Tanks,” sê Kira toe sy Alexei weer kom oppik. “You babysit again soon.”
“Sure,” sê ek met my tong wat sleep, nie van drank nie, maar van vermoeienis. Eintlik wil ek sê: never. Maar ek is te moeg.
“Ta,” sê sy en verdwyn met die peuter in haar Mini Cooper. Ek bly lê soos ’n lewelose sebramat, tong en pote uitgestrek.
Ek wil eintlik my Russiese skoondogter, Kira, se nek sommer op drie plekke omdraai, oor sy my…
