Hierdie pragtig geïllustreerde boek deur die kenners, Elsa Pooley, Geoff Nichols en Andrew Hankey, bevat 2 400 van ons inheemse plante, wat dit 'n nuttige gids maak as jy jou tuin wil opkikker. In die inleiding word basiese inligting gedeel, soos die klimaat, beplanning, tuinonderhoud en hoe om wildlewe na die tuin te lok. In die tweede deel word plante in 13 hoofstukke verdeel op grond van die soort, soos bolle, orgideë, aalwyne, struike, grasse, bome en fynbos, met al die inligting hoe om daardie plante te kweek en te onderhou. Kleurfoto's met 'n kort beskrywing van grootte, vorm, blomtyd en groeitoestande en hoe om die beste plant vir 'n spesifieke plek te kies, maak dit 'n nuttige handleiding. Dit word deur Penguin Random House uitgegee en is teen R850…
