1 | MONDAY Moisture Leave-In Conditioner R139, CLICKS
Die verpakking lyk asof dit op Instagram hoort, en is nie net mooi om na te kyk nie, maar verteenwoordig ’n handelsmerk wat inklusiwiteit en bekostigbaarheid vier. Die nuwe inlos-opknappers is propvol voedende bestanddele, wat belowe om verskeie haarkwessies te takel, sonder die salon se prys. Die Moisture-weergawe is my gunsteling, en bevat hialuronsuur, galambotter, amandelolie en meer. Dit kan op verskeie maniere gebruik word. As jou hare maklik koek, sproei dit deur die lengtes van jou hare voordat jy jou hare was sodat dit makliker uitkam. Gebruik dit dan ook nadat jy jou hare gewas het as jou hare ekstra droog is, of enige tyd wanneer die punte droog lyk.
2 | Shower to Shower Men 3 in 1 Shower Gel-reeks…
