300 sjefs van oor die land heen het gister sewe uur lank gekook aan 67 000 liter sop vir minderbevoorregtes ter vie-ring van wyle pres. Nelson Mandela se verjaardag en sy nalatenskap.
Die potte het gister van vroegdag in tien stede geprut. Die bestanddele is produkte waarvan die vervaldatum naby is en wat deur onder meer supermarkte geskenk is.
Twee organisasies, Chefs with Compassion en SA Harvest, het die leiding geneem met die inisiatief en sjefs in Johannesburg, Kaapstad, Pretoria, Durban, Bloemfontein, Mokopane, Rustenburg, Vereeniging, Port Elizabeth en Nelspruit het die kookwerk gedoen.
Die sop is aan 80 liefdadigheidsorganisasies geskenk wat dit aan hulpbehoewendes sal uitdeel.
In die kombuis van Arnold Tanza, ’n stigterslid van Chefs with Compassion, se spysenieringsmaatskappy Food on the Move in Kew, Johannesburg, is 225 liter…