Oudpres. Kgalema Motlanthe het die presidensie se berekenings bevraagteken wat toon dat hy en sy vrou die belastingbetaler die afgelope drie jaar heelwat meer as enige ander oudpresident gekos het – al was hy net sewe maande president.
Luidens ’n parlementêre antwoord van Jackson Mthembu, minister in die presidensie, op ’n vraag van die DA-LP Leon Schreiber oor wat oudpresidente en hul vroue die regering sedert April 2016 gekos het, is R17 miljoen aan Motlanthe en sy vrou, Gugu, bestee.
Hiervan was R3,1 miljoen vir reise en R10,6 miljoen vir “ander uitgawes”, wat sy beveiliging insluit.
Dit is R2,3 miljoen meer as die besteding aan oudpres. Thabo Mbeki (R13,7 miljoen), R10,5 miljoen meer as besteding aan oudpres. Jacob Zuma, wie se presidentskap eers in Februarie 2018 beëindig is, en R11,4…