Die Proteas gaan die toetsreeks teen Engeland sonder ’n direkteur van krieket betree, want “nooit in ’n miljoen jaar” sal daardie pos vanjaar al gevul word nie, het ’n bron in die binnekringe van SA krieket vandeesweek aan Rapport gesê.
Dít is slegs een van tientalle kwessies by Krieket Suid-Afrika (KSA) wat die spelersvereniging, Saca, bekommer.
Tony Irish, Saca se uitvoerende hoof, is byvoorbeeld stomgeslaan oor Thamie Mthembu, woordvoerder van KSA, se opmerking vandeesweek dat “geen leser belang stel in wie die Suid-Afrikaanse span kies nie”.
Dít was Mthembu se antwoord toe ’n joernalis gevra het wie waarneem as die keurkomitee, siende dat die posisie van hoofkeurder ook nog, nes die direkteurspos, nie gevul is nie.
“Dit is onaanvaarbaar, vir die spelers en ondersteuners, om nie te weet wie die…