Die familie van ’n man wat in sy huis in Marloth Park in Mpumalanga vermoor is, sal steeds dié huis as vakansiehuis gebruik.
Koenraad Collier (53) is verlede Woensdag dood toe vyf mans hom, sy vrou, Edda van den Berg
(53), haar ma, Edda Seifert (80), en vriendin van haar, Alberta van der Meer (74), oorval het.
Van der Meer en Collier is dood nadat hulle versmoor het toe lappe in hul monde gedruk is. Collier was ’n Belg en Van der Meer ’n Nederlander.
Jaco Badenhorst, ’n woordvoerder van die familie, sê Collier se kinders wil teruggaan na die huis, want doen hulle dit nie, ontneem die moordenaars hulle dít ook.
Niemand is nog weens die moorde vasgetrek nie. Badenhorst sê twee van die verdagtes het vroeër vir die…
