Grondtransaksies in drie noordelike provinsies skets ’n gemengde prentjie, met gunstige én ongunstige prysneigings wat waargeneem is in die 12 maande tot Junie 2025.
In Mpumalanga is 438 transaksies oor 6 distrikte aangeteken, waar altesaam 130 456 ha teen R3,316 miljard verhandel is. Amsterdam (20,2%) was die opmerklike uitskieter, terwyl pryse veral by Komatipoort (-14,9%) gedaal het.
In Noordwes is 641 transaksies oor 13 distrikte aangeteken, en altesaam 214 906 ha is teen R3,299 miljard verhandel. Prysverbeterings is onder meer by Wolmaransstad (9,4%) en Zeerust (8,7%) waargeneem, terwyl pryse veral by Reivilo (-5,5%) en Marikana (-5,2%) gedaal het.
In die Noord-Kaap, met 257 transaksies oor 21 distrikte, is altesaam 735 645 ha teen R2,511 miljard verhandel. Gunstige prysneigings is by Kimberley (9,6%), Kuruman (6,6%), Sutherland (4,8%) en Richmond (3,7%) waargeneem,…