66 GW
Hernubare energieprojekte van 66 GW word tans vir Suid-Afrika beoog. Hiervan is 21 GW windkrag, 7,5 GW wind- en batteryopberging, 13,3 GW sonkrag en 19,5 GW sonkrag met batteryopberging, asook 2 GW gas. Dit is volgens ’n opname van Eskom, die Suid-Afrikaanse windkragvereniging en die Suid-Afrikaanse fotovoltaïese vereniging. Dis egter onduidelik of voldoende netwerkkapasiteit betyds gebou sal word.
— Green Building Africa
62%
Die 280 000 vragmotors wat van Maart tot Mei sojabone en mielies vir uitvoer in Buenos Aires afgelaai het, was vanjaar 62% minder as die gemiddelde. Dit volg op ’n strawwe droogte. Argentinië verwag ’n daling van 49% in die sojaboon-oes, tot 21,5 miljoen ton, en ’n 37% laer mielie-oes van 32 miljoen ton. Drie miljoen ton soja is ingevoer om sojaperse in bedryf te…