14,3%
Voedselprysinflasie was in April 14,3%, feitlik onveranderd van Maart se 14,4%. Groenteprysstygings het verhoog van 20,5% in Maart tot 23,1% in April; dit was in albei maande die hoogste van al die voedselkategorieë. Brood en grane het die tweede grootste stygings getoon, van 20,3% in Maart tot 20,8% in April. Alle voedselprysstygings was hoër as die verbruikersprysindeks van 6,8%, buiten vrugte, waarvan die inflasiekoers 3,6% was.
— Statistieke SA
75%
Konsepregulasies wat swart bemagtiging van 25%-75% vereis by die uitreik van watergebruikslisensies kan die kredietwaardigheid van die kommersiële landbou vernietig en daarmee saam voedselsekerheid, waarsku Agri SA. Dit kan ook strydig wees met ’n 2012-hofuitspraak wat vereis dat breër kriteria oorweeg word, onder meer die openbare belang en maatskaplik-ekonomiese impak.
— Business Day
30 jaar
Dit gaan ongeveer 30…