2,85%
Wynboere se gemiddelde opbrengs op hul belegging was verlede jaar maar 2,85% teenoor die vereiste 10-12% vir ’n boerdery, volgens Rico Basson, uitvoerende hoof van SA Wine. “Slegs 12% van die bedryf se produsente is tans winsgewend. Daarmee bedoel ek hulle maak genoeg geld om wingerd te herplant. Altesaam 47% is in die laewinsgewende kategorie, 2% speel gelyk en 39% ly ’n verlies.”
— Lucille Botha
37%
Nagenoeg 37%, of 41 uit 109 koringkultivars en teellyne kan vatbaar wees vir ’n nuwe soort streep- en blaarroes wat verlede jaar die eerste keer in koringlande in Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en die Vrystaat bespeur is. Dit is volgens proewe wat by die Universiteit van die Vrystaat gedoen is. Die nuwe stam, 30E142A+, kom vermoedelik uit Zimbabwe. Boere word gemaak om hul…