0,8%
Die herstel van die ekonomie ná die covid-19-pandemie sal die piepklein netto daling van 0,8% in Suid-Afrika se jaarlikse kweekhuisgasvrystellings van 2000 tot 2020 waarskynlik omkeer. Dit is luidens die departement van bosbou, visserye en omgewingsake se jongste verslag hieroor. Vrystellings het van 2017 tot 2020 met 5,9% gedaal vanweë die covid-19-pandemie, maar was in 2021 weer hoër as in 2020. Dié stygings is ’n wêreldwye neiging.
– Bizcommunity
8%
Internasionale voedselpryse kan vanjaar met 8% daal, maar sal steeds op die naashoogste vlak sedert 1975 wees. Jaarlikse wêreldwye voedselprysinflasie was in Februarie 20%, die hoogste in die afgelope 20 jaar. Mielies was in Maart byna 16% goedkoper as ’n jaar gelede, koring 24%, sojabone 12,7% en rys 12,8%. Na verwagting sal kunsmispryse met sowat 37% daal en brandstofpryse…