Dubbel
Die getal siklone wat in Afrika voorkom, het verdubbel sedert die 1970’s. Gemiddeld drie siklone tref die vasteland vanuit die Indiese Oseaan van November tot April, maar in 2021-’22 was daar ses siklone. Freddy, die langslewende sikloon nóg, het verlede maand meer as 700 lewens oor Suider-Afrika geëis. Idai, wat Mosambiek in 2019 getref het, was die dodelikste, en Kenneth, ook in 2019, was die sterkste nóg. – Afrikasentrum vir sekerheidstudies
270 dae
Die tydperk totdat Koeberg se eerste reaktor weer in diens gestel word ná die vervanging van ’n stoomgenerator, sal nou na verwagting 270 dae duur pleks van die 180 dae wat aanvanklik belowe is — op 13 September pleks van 8 Junie. Dié eenheid se afwesigheid alleen verteenwoordig ’n volle fase beurtkrag. Daarna moet ’n soortgelyke…