INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,9%, of $2,36/t (R43,06/t), tot $265,33/t (R4 841/t) gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 0,2%, of $0,64/t (R11,68/t), hoër. Verwagte pryse: Maart – $255,89/t (R4 669/t), Mei – $255,58/t (R4 663/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 2,5%, of R112/t, tot R4 369/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 0,4%, of R20,00/t, tot R4 500/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 16%, of R602/t, duurder, terwyl geelmielies 14,6%, of R575/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R4 369/t, Mei – R4 299/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart – R4 500/t, Mei – R4 426/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 3,7%, of $10,47/t (R191,03/t), tot $276,00/t (R5 036/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 11,4%, of $35,60/t (R649,52/t),…