Die beskikbaarheid van vars water vir landboudoeleindes verander vinnig, en druk op boere neem toe om dié kosbare hulpbron toenemend met ander verbruikers te deel, volgens mnr. Uli Peters, ’n besproeiingsontwerper en lid van die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut.
Internasionaal reën dit gemiddeld 857 mm per jaar, maar Suid-Afrika kry gemiddeld net 450 mm, waarvan 80% boonop binne vyf maande val. Daarom is besproeiing so belangrik, veral die skedulering daarvan om water so doeltreffend moontlik te benut.
“Die boere weet dit gelukkig, want water is skaars en duur, en geen boer sal water moedswillig vermors nie.”
Mnr. Kofi Annan, voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies en ontvanger van die Nobelprys vir vrede, het met rede ’n “blou revolusie” bepleit. Peters sê almal — navorsers, ontwerpers, vervaardigers, verskaffers en boere — moet saamwerk.…