WENBRIEF
Lynette Strydom van Gqeberha wen ’n handgemaakte leervoorskoot van Beatus Genuine Leather ter waarde van R2 000 met haar brief oor haar ma se onthoukos. Geniet die prys, Lynette!
Dankie, Ma, vir altyd net die beste
Hoe ouer ons word, hoe meer begin die verlede ’n sagte, amper heilige plek in ons harte inneem. Die ou dae begin saak maak – nie omdat dit altyd makliker of beter was nie, maar omdat dit die fondament gelê het van wie ons is. Dis daardie stil oomblikke, die bekende gesigte, die geure en geluide van ons grootwordjare wat ’n onverklaarbare trekkrag op die hart uitoefen. En hoe verder ons vorentoe leef, hoe meer kyk ons terug – nie net om te onthou nie, maar om sin te maak van alles wat…
